- Enige Suid-Afrikaanse burger bo die ouderdom van 18 mag aan die kompetisie deelneem, behalwe werknemers van Die Pendoring Reklametoekennings, hul familie en geassosieerde promosie vennote.
- Die prys is ‘n naweek geborg deur die ATKV by een van die ATKV se sewe selfsorg vakansieoorde van die wenner se keuse plus ‘n R1 500 kontantprys. Die prys is geldig vanaf 21 September 2012 tot 21 Desember 2012. Die prys is nie geldig gedurende die skoolvakansies en oor langnaweke nie. Die prys is nie oordraagbaar nie en die prys kan nie vir kontant omgeruil word nie. Vervoerkoste is nie ingesluit by die prys nie.
- Die speler met die hoogste tellings op die “Vat Oor” leiersbord by www.pendoring.co.za, sal in aanmerking kom vir die prys.
- Om in te skryf moet deelnemers die “Vat Oor” speletjie op die Pendoring webtuiste speel en hul tellings op die leiersbord plaas.
- Die sluitingsdatum vir die kompetisie is middernag 14 September 2012 en die en die wenners sal per e-pos in kennis gestel word op Dinsdag 18 September 2012.
- Pendoring se besluit is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gehou word nie.
- Die Wenner moet instem om deel te neem aan enige promosionele veldtogte met afloop van die kompetisie.
- Deelnemers wat nie die Bepalings en Voorwaardes nakom nie sal nie in aanmerking vir die prys kom nie.
